Die Grootste Onwaarheid die Afgelope Halwe Eeu:

“BANTOE ONDERWYS” BENADEEL STEEDS SUID-AFRIKA

                                                                (SAPA berig op 8 Oktober 2009)

Die ANC se Sekretaris Generaal, Gwede Mantashe, het tydens sy toespreking van die Black Management Forum se jaarlikse konferensie op 8 Oktober 2008 beweer dat die ou Bantoe Onderwysstelsel Suid-Afrika nog steeds benadeel. Volgens hom het dr. HF Verwoerd, “die argitek van apartheid”, gesę dat dit tydmors is om aan swartes wiskunde te probeer leer. Hy gaan dan verder en beweer dat dit die rede is waarom daar vandag so min swart wiskundiges en wetenskaplikes in die land is. Die “Bantoe Onderwys onder Apartheid” is dan ook te blameer dat daar vandag onvoldoende swart bekwame onderwysers is om wiskunde aan die swart kinders op skool te leer. Hy voeg darem by dat die probleem vererger omdat onderwysers en kinders te min tyd (slegs 3,5 ure) in swart woongebiede op skoolonderig spandeer.

ONS ANTWOORD

Die ou afgesaagde storie om apartheid die skuld vir alles te wil gee gaan lankal nie meer af nie. Ook nie die kultuurverskynsel om altyd iemand anders te blameer vir jou eie onbevoegtheid nie. Hy blameer ook die tekort aan onderwyskolleges. Die volgende moet in aanmerking geneem word om Gwede Mantashe se bewerings op meriete te kan beoordeel:

 

·         Gwede Mantashe kla vir dr. HF Verwoerd aan oor die tekort aan swart wiskundiges en wetenskaplikes. Dr. HF Verwoerd is al byna ‘n halwe eeu gelede vermoor en apartheid daarmee saam. Hoe lank moet iemand anders nog die skuld dra vir vandag se mislukkings? Die swak skoolprestasie van vandag, geld nie net vir wiskunde nie, maar word op elke gebied ondervind. Onder die ANC se politieke skoolstelsel kan die meeste leerlinge nie eens meer vandag lees en skryf wanneer hulle universiteit toe gaan nie.

·         Gwede Mantashe vermeld in sy toespraak van 8 Oktober 2009 dat daar wel basiese probleme is soos ‘n gebrek aan skoolboeke en ander leerlingmateriaal. Die vraag is waarom is dit so in die jaar 2009?

·         Gwede Mantashe is bekommerd dat daar te min onderwysopleidingsfasiliteite is. Wie het dit op so ‘n groot skaal gesluit na 1994, en waarom?

·         Die Minister vir Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het by dieselfde Black Management Forum gesę dat “Uitkomsbaseerde Onderwys” baie edel is, maar dat dit te groot was vir die oomblik. Tydens apartheid was die stelsel nie eens ‘n opsie nie. Wie sal bereid wees om die blaam hiervoor te aanvaar?

·         Die nuwe minister van tersięre onderwys, Blade Nzimande (die mees senior persoon in die S.A. Kommunistiese Party) sę op 15 Augustus 2009 dat daar op primęre onderwys gefokus moet word waar die probleem is. Die ANC is al sedert 1994 in beheer van onderwys en landsregering. Wat ‘n ontdekking na byna vyftien jaar!

·         Blade Nzimande sę ook op 15 Augustus 2009 dat ten spyte van die belangrikheid van moedertaalonderrig dit nie na behore toegepas word nie. Is dit miskien apartheid se skuld of is dit die ANC se verengelsingbeleid?

·         SAPA berig op 27 Augustus 2009 dat 234 onderwysers ondersoek word vir verkragting, bedrog, seksuele- en fisieseaanranding van leerlinge. Die berig haal dan vir George Moroafui (S.A. Council for Educators se bestuurder vir etiek) aan wat sę dat die gevalle neem jaarliks toe omdat daar steeds meer bewuswording van die nodigheid vir rapportering plaasvind. Die minister vir basiese onderwys, Angie Montshekga, wys ook op 8 Oktober 2009 daarop dat onderwysers se afwesigheid van skole ‘n probleem skep. Is hierdie gebrek aan moraliteit ook aan dr. HF Verwoerd se apartheid te wyte of sal die regering van die dag miskien bereid wees om verantwoordelikheid vir sy eie mense te aanvaar?

Waarom is soveel bekwame blanke onderwysers en administrateurs uitfaseer? Hulle was ook ‘n groot bate vir swart onderwys, maar nie ideologies aanvaarbaar nie!

Dolf Buitendach 2009-10-08